Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 16

Christus die lig

Bybelteks(te)

JOHANNES 8

Die Vader getuig ook oor Jesus

12Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.”

JOHANNES 8:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

JESAJA 8

'n Seun is gebore

23Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie. In die verlede het die Here die gebiede Sebulon en Naftali verneder, maar in die toekoms sal Hy die pad na die see van Galilea toe, die Jordaanstreek en die gebied van die heidene in ere herstel.

JOHANNES 1

4In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. 5Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.

JOHANNES 1:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

EFESIËRS 5

8Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.

EFESIËRS 5:8AFR83Maak oop in die Bybelleser

1 PETRUS 2

9Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

1 PETRUS 2:9AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Johannes 8:12)

Die beeld van lig teenoor duisternis loop soos ʼn goue draad vanaf die skepping van die heelal. God spreek en daar was lig en Hy skei die lig van die donker. En sedertdien staan die twee altyd teenoor mekaar – altyd in kontras. Lig word dan ook gelykgestel aan lewe, helderheid, duidelikheid, insig, kennis en begrip; terwyl donker sinoniem is met duisternis, ligloosheid, onsekerheid, vertwyfeling en neerslagtigheid.

Jesaja kondig aan dat die Lig op pad was na die wêreld: “Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie.” (Jesaja 8:23) In die Evangelie van Johannes lees ons: “In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.” (Johannes 1:4-5)

Jesus sê dit dan ook self vir die mense: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Johannes 8:12) En dan gee Christus aan sy kinders opdrag om verder deel te hê daaraan om die duisternis in die wêreld te help verdryf.

“Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig.” (Efesiërs 5:8)

“Julle, daarenteen, is ʼn uitverkore volk, ʼn koninklike priesterdom, ʼn nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.” (1 Petrus 2:9)

In hierdie tyd en dag waarin jy jou bevind, is jy gekies om soos ʼn kers lig in ʼn donker vertrek te bring; is jy gekies om die donkerte te help verdryf. Jy het die opdrag om lewe, sekerheid, liefde en hoop te bring.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS