Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 15

Christus die goeie herder

Bybelteks(te)

JOHANNES 10

11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape.

JOHANNES 10:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 10

14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My,

JOHANNES 10:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

JESAJA 40

11Soos 'n herder versorg Hy sy kudde:

die lammers maak Hy bymekaar in sy arms

en Hy dra hulle teen sy bors,

Hy sorg vir die lammerooie.

JESAJA 40:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

PSALMS 23

Die Here is my herder

1'n Psalm van Dawid.

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

2Hy laat my rus in groen weivelde.

Hy bring my by waters waar daar vrede is.

PSALMS 23:1-2AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape (…) Ek is die goeie herder. Ek ken my eie en word deur my eie geken.” (Johannes 10:11,14)

Reeds in die Ou Testament kom die beeld van die herder met sy skape baie voor. Dit het seker tot die mense van daardie tyd gespreek, aangesien dit ʼn leefwêreld was wat so bekend was aan hulle. Jesaja bevestig die Here se sorg aan sy volk deur vir hulle te sê: “Soos ʼn herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.” (Jesaja 40:11)

In die Groot Afrikaanse Sinoniemwoordeboek word die volgende sinonieme gegee vir die woorde “sorg” en “versorg”: bemoeienis, bewaak, omsien, oppas, sôre, toesien en voorsien. Ons word deur God versorg; Hy is besorg oor ons; Hy maak seker dat ons nie onder sy oë uitbeweeg nie; Hy aanvaar verantwoordelikheid vir ons.

Wat ʼn ontsaglike gedagte dat daar Iemand is wat bereid is om verantwoordelikheid vir my te aanvaar! In hierdie tyd waar ons genoodsaak is om altyd in beheer te wees en selfstandig op te tree, is Iemand sowaar bereid om verantwoordelikheid vir my te aanvaar. Hierdie gedagte maak dat ek voel asof ek diep kan asemhaal en kan oorgee.

Ook in die bekendste van alle psalms skryf die psalmdigter: “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my in groen weivelde rus, Hy bring my by waters waar daar vrede is.” (Psalm 23:1-2) Uit hierdie psalm blyk dit verder dat hierdie herder nie net versorg nie, maar my met oorvloed oorlaai en veilig hou.

En dan voltooi Christus hierdie beeld in die Nuwe Testament as Hy ook teenoor sy dissipels bevestig dat Hy die goeie herder is en dat Hy hulle ken … en dan boonop dat Hy sy lewe vir sy skape aflê!

Dit is wat die goeie herder werklik vir ons gedoen het!

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS