Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 14

Christus die wingerdstok

Bybelteks(te)

JOHANNES 15

4Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie.

5“Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.

JOHANNES 15:4-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 15

6As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand.

JOHANNES 15:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Julle moet in My bly en Ek in julle. ʼn Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. ‘Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie.’ ” (Johannes 15:4-5)

Een van die duidelikste herinnerings uit my kinders se kleintyd is van my oudste dogter – daardie tyd net ouer as drie – wat oor haar babasussie buk terwyl ek besig is om haar te versorg. En dan, nadat sy haar beeld vir die eerste keer in haar sussie se oë sien, met verbasing na my opkyk en sê: “Kyk, mamma, ek is in haar oë! Nou kan ek nie doodgaan nie!”

Sedertdien kon ek aan geen helderder beeld as hierdie dink om my aan te spoor om naby Christus te leef nie. So naby dat ek as’t ware my beeld in sy oë kan sien; so naby dat ek my onsterflikheid kan waarneem.

Hierdie beeld is vir my sinoniem aan die gelowige wat soos ʼn loot deel is van die ware wingerdstok, naamlik Christus. Ons moet onlosmaaklik naby aan Christus bly. Sonder Hom kan ons nie bestaan nie. In vers 6 staan geskryf: “As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos ʼn loot en hy verdroog.” As ons nie naby aan Christus leef en in ʼn ware verhouding met Hom staan nie, kan ons geen vrug dra nie.

Christus hunker na ʼn lewende verhouding met elkeen van sy kinders. Hy wil elke dag naby aan ons wees.

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS