Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 12

Christus is die brood wat lewe gee

Bybelteks(te)

JOHANNES 6

35Maar Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.

JOHANNES 6:35AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 6

49Julle voorouers het in die woestyn manna geëet en tog gesterwe. 50Maar hier is die brood wat uit die hemel kom sodat 'n mens daarvan kan eet en nie sterwe nie. 51Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

JOHANNES 6:49-51AFR83Maak oop in die Bybelleser

JOHANNES 4

13Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

JOHANNES 4:13-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Jesus sê vir hulle: ‘Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie, en wie in My glo, sal nooit weer dors kry nie.” (Johannes 6:35)

Soos wat God deur die hele Bybel Homself aan die mens bekendmaak deur sy verskillende name, praat Jesus gedurende sy aardse bediening ook met die mense in alledaagse beelde en dinge waarmee hulle bekend is. Hy stel Homself en wie Hy is aan hulle voor in eenvoudige metafore waarvan hulle die betekenis verstaan.

Hier gebruik Christus die wesenlike behoefte van alle mense, naamlik kos en water. Hy vergelyk Homself met brood wat lewe gee en ʼn fontein waaruit water vloei.

Verder in hierdie hoofstuk lees ons: “Julle voorouers het in die woestyn manna geëet en tog gesterwe. Maar hier is die brood wat uit die hemel kom sodat ʼn mens daarvan kan eet en nie sterwe nie. Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.” (Johannes 6:49-51)

Hierdie is ʼn oop en gratis uitnodiging vir mense wat honger en dors is: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ʼn fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.” (Johannes 4:13-14)

Dit waarborg lewenslange tevredenheid – en onthou lewenslank is in hierdie geval vir ewig!

Later, as Jesus die eerste nagmaal instel, word brood ʼn tasbare teken om aan vas te hou – ʼn herinnering dat ons die lewe het!

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS