Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 11

Wie is God (iii)

Bybelteks(te)

EKSODUS 3

13Daarna sê Moses vir God: “Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: ‘Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,’ en hulle vra vir my: ‘Wat is sy Naam?’ wat moet ek dan vir hulle sê?”

14Toe sê God vir Moses: “Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: ‘Ek is’ het my na julle toe gestuur.”

EKSODUS 3:13-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Daarna sê Moses vir God: ‘Sê nou maar ek kom by die Israeliete en ek sê vir hulle: “Die God van julle voorvaders het my na julle toe gestuur,” en hulle vra vir my: “Wat is sy Naam?” wat moet ek dan vir hulle sê?’ Toe sê God vir Moses: ‘Ek is wat Ek is. Jy moet vir die Israeliete sê: “Ek is” het my na julle toe gestuur.’ ” (Eksodus 3:13-14)

Regdeur die Bybel stel God Hom met verskillende name aan sy kinders voor. Wat besonders is hiervan, is dat hierdie name nie deur mense uitgedink is nie, maar dat God die inisiatief neem en as’t ware sy karakter en aard aan mense deurgee deur middel van sy Naam. As ʼn mens na die oorspronklike Hebreeuse name teruggaan, val daar – soos deur ʼn kristal met baie fasette – lig op verskeie kwaliteite van God.

Jehovah (YHWH) – “Ek is”

Elohim – die Almagtige; die Skepper

Jehovah-Tsidkenu – DIE HERE IS ONS GEREGTIGHEID

Immanuel – God met ons

Adonai – Almagtige God

Jehova-Rapha – God wat genees

Jehovah-Rohi – die Here is my herder

Yehovah-Shammah – God wat teenwoordig is

Elroi – God wat my sien

El Shaddai – die Voldoende Een; God van die berge; God Almagtig

Hierdie name is dus karaktereienskappe van God. Dit is wie God is en hoe God is. Dit is sy aard. Dit is wat ons kan verwag as ons met die Almagtige te doen het!

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS