Bible Society of South Africa

God van liefde, hoop, genade en vrede – Dag 10

Wie is God (ii)

Bybelteks(te)

EKSODUS 3

2Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in 'n vlam binne-in 'n doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie.

EKSODUS 3

6Verder sê Hy: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.”

Toe maak Moses sy gesig toe, want hy was bang om na God te kyk.

1 KONINGS 19

12Na die aardbewing was daar 'n vuur. Maar in die vuur was die Here nie. En na die vuur was daar 'n fluistering in die windstilte.

13Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak en by die bek van die grot gaan staan. Toe hoor hy 'n stem wat vir hom sê: “Wat maak jy hier, Elia?”

1 KONINGS 19:12-13AFR83Maak oop in die Bybelleser

HANDELINGE 9

5“Wie is U, Here?” vra hy toe.

“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.

HANDELINGE 9:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Toe verskyn die Engel van die Here aan hom in ʼn vlam binne-in ʼn doringbos. Terwyl hy kyk, sien hy dat die doringbos aanhou brand, maar nie uitbrand nie.” (Eksodus 3:2)

God is die Een wat deur die eeue heen Homself aan die mens openbaar of bekendstel. Die sondeval het gemaak dat die skepsel sy natuurlike behoefte om sy Skepper te soek verloor het. Die sondeval het selfs veroorsaak dat die mens nie meer ingestel is om altyd God se stem duidelik te herken nie.

Daar is baie voorbeelde in die Bybel.

Uit die brandende doringbos roep God na Moses en stel Homself bekend: “Ek is die God van jou voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob.” (Eksodus 3:6)

In 1 Konings 19:12-13 lees ons: “En na die vuur was daar ʼn fluistering in die windstilte (…) Tóé hoor hy ʼn stem wat vir hom sê: ‘Wat maak jy hier, Elia?’ ”

Op pad om die Christene in Damaskus te vervolg, laat God ʼn helder lig op Saulus val en praat Hy met hom: “Ek is Jesus (…) Dit is vir My wat jy vervolg.” (Handelinge 9:5)

God is die Een wat Homself steeds elke dag aan sy kinders openbaar; soms het dit op ʼn dramatiese wyse ʼn groot impak op jou lewe en ander tye deur die klein en alledaagse.

Hoor ek en jy Hom? Herken ons sy stem?

Bible Society of South Africav.4.24.4
VOLG ONS