Bible Society of South Africa

God se genade, liefde en krag – Dag 3

God soek ons op

Bybelteks(te)

JOHANNES 1

14Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid.

JOHANNES 1:14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ken jy die gevoel om tot jou ore toe verlief te wees? Bedags het jy vlinders in jou maag, saans kan jy nie slaap nie en uiteindelik droom jy heelnag van haar. In die begin het jy wel ʼn probleem: Jy weet nie of sy weet jy is op haar verlief nie. Jy is ook onseker of sy op jóú verlief is. Hoe nou?

Daar is ʼn paar tydlose wenke. Skryf ʼn brief, bel of neem vir haar ʼn bos blomme. Maar wat gebeur as sy nie die brief kry nie, haar selfoon altyd beset is en die blomme nie by haar uitkom nie? ʼn Paar weke later hoor sy dat jy so gaande oor haar was. En weet jy wat sou sy toe gesê het: “Ag, ek was nie bewus daarvan nie. Het hy maar geskryf, of gebel of na my toe gekom!”

Hier is ʼn ooreenkoms met God. God hou van jou. Hy wil ʼn verhouding met jou hê. Daarom het God gedink: “Laat Ek skryf.” En Hy het ʼn hele dik Bybel geskryf waarin Hy sê dat Hy ʼn Vriend vir jou wil wees. Maar ons is meer geïnteresseerd in ander lektuur. Toe dink God: “Laat ek bel.” Elke Sondag is daar iewers ʼn prediker wat van God vertel. Maar jou gedagtes dwaal sodat jy niks hoor nie.

Totdat God besluit het om maar self te kom. Nie met ʼn bos rose nie, maar deur sy Seun Jesus Christus. Van sy kant af doen God alles. Hy skryf, bel en daag self op. Ek hoop jy lees sy brief en oordink dit. En wanneer Hy bel, dat jy al biddend terugpraat. En dat jy die deur van jou lewe vir Hom oopmaak sodat daar ʼn pragtige verhouding tussen julle kan groei.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS