Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 25

Uitnodiging om by God tot rus te kom

Bybelteks(te)

28“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. 29Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. 30My juk is sag en my las is lig.”

MATTEUS 11:28-30AFR83Maak oop in die Bybelleser

Net by God vind ek rus

1Vir die koorleier. 'n Belydenis. 'n Psalm van Dawid.

2Net by God vind ek rus,

van Hom kom my redding.

3Net Hy is my rots en my redding,

my veilige vesting, sodat ek vas en stewig staan.

4Hoe lank wil julle almal nog beskuldigings bly slinger

en my probeer doodmaak,

'n man wat reeds is soos 'n muur wat wil omval,

'n klipmuur wat omgestoot word?

5Hulle probeer my uitwerk;

hulle skep behae in leuens;

met die mond seën hulle,

in die hart vervloek hulle. Sela

6Net by God vind ek rus,

want op Hom vertrou ek.

7Net Hy is my rots en my redding,

my veilige vesting, sodat ek stewig staan.

8God is my redding en my krag.

Hy is my rots, my sterkte,

God is my toevlug.

PSALMS 62:1-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Om ’n versorger te wees, vra ontsettend baie van ’n mens; daarom is dit belangrik om te kan rus. Jesus nooi ons uit om rus by Hom te vind.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS