Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 23

Wysheid

Bybelteks(te)

10Wysheid begin met die dien van die Here;

wie die Heilige ken, het werklik insig.

SPREUKE 9:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

5Vertrou volkome op die Here

en moenie op jou eie insigte staatmaak nie.

6Ken Hom in alles wat jy doen

en Hy sal jou die regte pad laat loop.

7Moenie dink jy het die wysheid in pag nie,

dien die Here en vermy wat sleg is:

8dit is die geneesmiddel vir jou,

die verkwikking vir jou liggaam.

SPREUKE 3:5-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Geloof en wysheid

2My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, 3want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. 4En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming. 5As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt. 6Maar 'n mens moet gelowig bid en nie twyfel nie, want iemand wat twyfel, is soos 'n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word. 7-8So 'n mens wat altyd aan die twyfel is en onbestendig is in al sy doen en late, moet nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.

JAKOBUS 1:2-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

Versorgers kom dikwels voor moeilike situasies en keuses te staan waar wysheid van die uiterste belang is.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS