Bible Society of South Africa

Geroep om te dien – Dag 19

Om deur lyding te groei

Bybelteks(te)

Die vrug van die vryspraak

1God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus. 2Deur Hom het ons in die geloof ook die vrye toegang verkry tot hierdie genade waarin ons nou vasstaan. En ons verheug ons ook in die hoop om deel te hê aan die heerlikheid van God. 3Dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding, 4en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; 5en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

ROMEINE 5:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

Al wil ons dit nie graag hoor nie, is dit so dat ’n mens deur lyding groei ervaar. Die Bybel leer ons ook dat lyding help om karakter te bou.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS