Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 7

Op Christus se gebedslys

Bybelteks(te)

6“Ek het u Naam bekend gemaak aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het. Hulle het aan U behoort, en U het hulle aan My gegee, en hulle het u woord ter harte geneem.

JOHANNES 17:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

9“Ek bid vir hulle. Ek bid nie vir die wêreld nie maar vir dié wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.

JOHANNES 17:9AFR83Maak oop in die Bybelleser

20“Ek bid egter nie net vir hulle nie, maar ook vir dié wat deur hulle woorde tot geloof in My sal kom.

JOHANNES 17:20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Besef jy dat jy lank reeds voor jou geboorte al op Christus se gebedslys was? Ongelooflik, maar waar! Hoe so? In die week voordat Jesus gekruisig is, was Hy voortdurend in gesprek met die Vader oor wat Hy bereik het gedurende sy tyd op aarde. En nou het Hy sy opdrag voltooi. Hy het die Woord aan die wêreld gebring en was dus gereed om terug te keer vanwaar Hy gekom het.

Tog is Hy diep besorg oor sy volgelinge wat agterbly in die wêreld, en in sy gesprek met God, voordat Hy terugkeer na sy vaderhuis, bid Hy met diepe erns dat God oor hulle sal waak. Daarna bid Hy vir jou, my en almal wat nog tot geloof sou kom deur die getuienis van die eerste dissipels. Hy bid dat ons een met Hom en alle gelowiges tot in die verre toekoms sal wees.

Hoe wonderlik is dit dat God ons alreeds in sy gedagtes gehad het nog voordat ons gebore is. En dat Christus ons reeds aan God opgedra het. Ongelooflik? Nee, net God se versiende en allesomvattende genade.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS