Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 4

Om in alle omstandighede steeds te bid

Bybelteks(te)

17Al sou die vyeboom nie bot nie

en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie,

al sou die olyfoes misluk

en die lande geen oes lewer nie,

al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie

en die beeskrale sonder beeste wees,

18nogtans sal ek in die Here jubel,

sal ek juig in God, my Redder.

HABAKUK 3:17-18AFR83Maak oop in die Bybelleser

17Bid gedurig.

1 TESSALONISENSE 5:17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die treurmare van die mensdom in die tye waarin ons leef, is eindeloos. Daar is seker nie ʼn mens onder ons wat nie sat is vir die dinge wat ons moet verduur of aanskou nie. Vir sommige is dit hulle werk, vir ander hulle huwelike, of die situasie in die land en in die wêreld. En natuurlik is daar genoeg dinge om te vrees. Ons hoor van oorloё en gerugte van oorloё, natuurrampe, aardverwarming en aardbewings. Gʼn wonder dat dit voel of die wêreld op die rand van ʼn massa senuwee-ineenstorting afstuur nie.

Die slegte nuus is egter dat hierdie klagtes niks nuuts is nie. En as jy jou gedagtes wil verfris, lees gerus hoe die profeet Habakuk sy klagtes tot by die hoogste gesag neem en vra: “Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here, moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?” (Habakuk 1:2).

Dit is egter ʼn tweerigtinggesprek. Hy wag op God se antwoord. En God stel hom nie teleur nie. God antwoord dat die goddeloses op die aangewese tyd gestraf sal word, maar intussen moedig God Habakuk aan om vas te hou aan God se beloftes ongeag hoe donker die tye is. Hy belowe hom: “Soos die waters die seebodem bedek, so sal die magtige teenwoordigheid van die Here oral op die aarde geken word” (Habakuk 2:14).

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS