Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 3

Gebed van ʼn ondankbare koning

Bybelteks(te)

2Toe draai Hiskia sy gesig na die muur toe en hy bid tot die Here: 3“Ag, Here, neem tog in ag dat ek voor U in trou en met volle oorgawe geleef het en dat ek gedoen het wat reg is in u oë.”

Hiskia het bitterlik gehuil.

JESAJA 38:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Van al die konings in die Ou Testament word Hiskia beskou as een van die bestes. Volgens die Skrif was nie een van die konings voor hom so na aan God soos hy nie. Halfpad deur sy lewe het Hiskia egter ernstig siek geword en is hy deur die profeet Jesaja meegedeel dat hy sou sterf. Toe Hiskia dit hoor, het hy bitterlik gehuil en God gesmeek om hom gesond te maak. God stuur toe vir Jesaja om die koning in te lig dat hy nog vyftien jaar sou leef.

Hoe reageer Hiskia hierop? Hy het God nie gedank of geloof nie. In plaas daarvan eis hy dat Jesaja bewys moet lewer dat sy genesing van God gekom het. En tydens ʼn besoek van sekere belangrike leiers, het God hom dopgehou om te sien of hy sou getuig oor sy genesing, maar hy het nagelaat om dit te doen.

Jesaja het toe weer besoek gebring aan Hiskia met die nuus dat hy binnekort weggevoer sou word en dat sy seuns slawe van die Babiloniese koning sou word.

Die verhaal van Hiskia herinner ons dat God ʼn genadige God is, maar nie na enigiemand se pype dans nie. As God ons gebede beantwoord, is om Hom te eer die minste wat ons kan doen.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS