Bible Society of South Africa
Hennie Symington

Gebed – Dag 15

Vyfde petisie

Bybelteks(te)

12en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;

MATTEUS 6:12AFR83Maak oop in die Bybelleser

In die wêreld waarin ons leef geld die reёl “ʼn oog vir ʼn oog” steeds. Ons sien dit op die televisie, ons sien dit in die geweldsiklusse in die gemeenskappe rondom ons, in ons eie tuistes, en in ons verhoudings met ander. As ons dus vir God vra om ons te vergewe soos ons ander vergewe, wat bedoel Hy nou eintlik? Bedoel Hy dat God ons sondes vergewe slegs as ons diegene vergewe wat ons te na gekom het?

Wat as ons nie kan vergewe nie? Beteken dit dat God ons ook nie sal vergewe nie? Dit wil amper so voorkom as ʼn mens hierdie petisie in die Ons Vader-gebed lees. Trouens, Jesus sê selfs direk nadat Hy dit gesê het: As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie” (Matteus 6:14-15).

Dit klink baie hard op die oor wanneer ons hierdie gedeelte van die Ons Vader-gebed lees. Hoe moet ons dit interpreteer? Toe Jesus ons hierdie gebed geleer het, het Hy duidelik gesien dat diegene wat nie van hulle seerkry en wrokke kan afskeid neem nie, daardeur verteer sal word. Dis slegs wanneer ons ons kan losmaak van haat en wraakgevoelens dat ons ontvanklik sal wees vir die helende aanraking van God.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS