Bible Society of South Africa

Ek is Sy – Dag 7

Sy is ’n geestelike leier.

Sy is bereid om geestelik leiding te neem wanneer dit van haar verwag word. Sy is nie noodwendig ’n predikant nie, maar sy hoor as God haar roep om te getuig, om diegene wat in geestelike nood verkeer, te help, en om mense na Hom terug te lei. Sy luister na God en sy doen haar deel in die gemeente.

En jy ontdek: Ek is sy!

Bybelteks(te)

3Hy het nege honderd ysterstrydwaens gehad en hy het die Israeliete twintig jaar lank verdruk.

Daarom het hulle tot die Here geroep om hulp. 4In daardie tyd was Debora, die vrou van Lappidot, die leier van die Israeliete. Sy was 'n profetes. 5Sy het altyd onder die Deborapalm in die Efraimsberge tussen Rama en Bet-El gesit, en die Israeliete het daarheen gekom sodat sy hulle geskille kon bylê. 6Sy het vir Barak seun van Abinoam uit Kedes in Naftali laat roep en vir hom gesê: “Die Here die God van Israel beveel jou: Trek met tien duisend man uit Naftali en Sebulon op na Taborberg toe. 7Ek sal vir Sisera, die hoof van Jabin se leër, met sy strydwaens en sy leër na jou toe laat optrek tot by Kisonspruit en Ek sal hulle in jou mag oorgee.”

8Barak het haar geantwoord: “As u saamgaan, sal ek optrek, maar as u nie saamgaan nie, gaan ek nie.”

9Sy het vir hom gesê: “Goed, ek sal saamgaan, maar jy sal nie die eer vir die veldtog kry nie: die Here sal vir Sisera aan 'n vrou uitlewer.”

Toe het Debora klaargemaak en saam met Barak na Kedes toe gegaan.

RIGTERS 4:3-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

11Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar.

1 TIMOTEUS 3:11AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. 5Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar. 6Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het. As dit die gawe van profesie is, laat ons dit gebruik in ooreenstemming met die geloof wat ons bely. 7As dit is om te dien, laat ons dien. As dit is om onderrig te gee, laat ons onderrig gee. 8As dit is om mense te bemoedig, laat ons hulle bemoedig. As ons gee, laat dit sonder bybedoelings wees. As ons leiding gee, dan met toewyding. As ons ander help, dan met blymoedigheid.

ROMEINE 12:4-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

25Jesus roep hulle toe nader en sê: “Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. 26Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; 27en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees. 28So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”

MATTEUS 20:25-28AFR83Maak oop in die Bybelleser

26As sy praat, is dit met wysheid;

as sy leiding gee, is dit met liefde.

SPREUKE 31:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

19My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, 20weet dan dat hy wat 'n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat 'n menigte sondes vergewe word.

JAKOBUS 5:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser
Iets het verkeerd geloop.

39Toe die offisier, wat reg voor Jesus gestaan het, Hom die laaste asem só sien uitblaas het, het hy gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.”

40Daar het ook vroue op 'n afstand gestaan en kyk. Onder hulle was Maria Magdalena en Maria die moeder van Klein-Jakobus en Joses, en Salome. 41Toe Jesus nog in Galilea was, het hulle oral saam met Hom gegaan en Hom versorg. Baie ander vroue wat saam met Hom na Jerusalem toe gekom het, was ook daar.

MARKUS 15:39-41AFR83Maak oop in die Bybelleser

Getrouheid aan die evangelie

3Ek dank God, wat ek net soos my voorouers met 'n skoon gewete dien, wanneer ek onophoudelik dag en nag in my gebede aan jou dink. 4Ek onthou jou afskeidstrane en wil jou baie graag weer sien. Dit sal vir my 'n groot vreugde wees. 5Ek dink ook aan jou opregte geloof, dieselfde geloof wat al in jou ouma Loïs en in jou ma Eunice was, en wat, daarvan is ek oortuig, ook in jou is.

2 TIMOTEUS 1:3-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Sy is bereid om na vore te tree wanneer die Here haar roep
  • Sy is ’n vrou met karakter
  • Sy leef haar gawes uit
  • Sy is ’n leier wat dien
  • Sy gee met liefde leiding
  • Sy help diegene wat die pad byster geraak het, reg
  • Sy vertel almal dat Jesus die opgestane Here is
  • Sy volg die Here end-uit
  • Sy laat ’n geestelike erfenis na

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS