Bible Society of South Africa

Ek is Sy – Dag 6

Sy maak ’n verskil.

Sy is ’n vrou wat ’n bydrae by die huis en in die samelewing wil lewer. Sy is nie bang om te waag nie – sy maak vroue se stemme hoorbaar in die samelewing om sodoende die wêreld ’n beter plek te maak. Sy het God se roeping vir haar lewe ontdek en leef dit van harte uit.

En jy ontdek: Ek is sy!

Bybelteks(te)

9Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Die dogters van Selofgad

1Die dogters van Selofgad het na Moses toe gekom. Hulle het aan die Manassestam behoort. Selofgad was 'n seun van Gefer, seun van Gilead, seun van Makir, seun van Manasse, seun van Josef. Die dogters was Magla, Noa, Gogla, Milka en Tirsa.

2Hulle het voor Moses en die priester Eleasar en voor die leiers en die hele gemeente by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan en gesê: 3“Ons pa is in die woestyn dood. Hy was nie een van Korag se bende wat teen die Here saamgesweer het nie. Hy het deur sy eie sondes gesterf en geen seuns gehad nie. 4Waarom moet ons pa se naam uit sy familie verdwyn net omdat hy nie 'n seun gehad het nie? Gee vir ons grond tussen dié van sy familie.”

5Moses het hulle saak voor die Here gebring, 6en die Here het vir hom gesê: 7“Selofgad se dogters het gelyk. Jy moet beslis vir hulle hulle eie grond tussen dié van hulle pa se familie gee. Gee vir hulle die grond wat hulle pa sou gekry het.

NUMERI 27:1-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die Christelike lewenswandel

2Ek vermaan vir Euodia en ek vermaan vir Sintige om eensgesind te wees in die Here. 3Ja, ek vra jou ook, getroue medewerker, wees hierdie vroue behulpsaam. Hulle het saam met my die stryd gevoer in diens van die evangelie, net soos Klemens ook en my ander medewerkers, wie se name in die boek van die lewe staan.

FILIPPENSE 4:2-3AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Sy is ’n vredemaker
  • Sy staan op vir dit wat reg is
  • Sy doen die regte ding op die regte tyd
  • Sy beywer haar vir eensgesindheid

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS