Bible Society of South Africa

Ek is Sy – Dag 5

Sy is ’n werkende vrou.

Sy is ’n vrou wat baie verantwoordelikhede dra. Sy moet sorg dat die huishouding glad verloop, dat haar man en kinders gelukkig en versorg is, en dan wil sy ook nog baie graag aan haar loopbaan bou.

En jy ontdek: Ek is sy!

Bybelteks(te)

24Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit 'n gawe uit die hand van God is. 25Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie?

PREDIKER 2:24-25AFR83Maak oop in die Bybelleser

15Die Egiptiese koning het vir die Hebreeuse vroedvroue Sifra en Pua gesê: 16“As julle 'n Hebreeuse vrou by geboorte bystaan en julle sien by die kraambed dat dit 'n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit 'n dogter is, mag sy bly lewe.”

17Maar die vroedvroue het God gedien en nie gemaak soos die Egiptiese koning hulle beveel het nie: hulle het die seuntjies laat lewe.

EKSODUS 1:15-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Elke ding het sy vaste tyd

1Elke ding het sy vaste tyd,

elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:

PREDIKER 3:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

13Op die sabbatdag is ons na die rivier toe buitekant die stadspoort, omdat ons gedink het daar sou 'n Joodse bidplek wees. Ons het gaan sit en met die vroue gepraat wat daar bymekaar was. 14Een van dié wat geluister het, was 'n vrou met die naam Lidia, wat die Joodse geloof aangeneem het. Sy het handel gedrywe met pers wolmateriaal en was van Tiatira afkomstig. Die Here het haar vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak. 15Sy en haar huisgesin is toe gedoop. Daarna het sy ons uitgenooi en gesê: “Aangesien julle daarvan oortuig is dat ek in die Here glo, kom gaan by my tuis.”

En sy het ons oorreed om dit te doen.

HANDELINGE 16:13-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

10'n Knap vrou is baie werd,

baie meer as edelstene.

11Haar man steun op haar

en pluk die vrugte van haar werk.

12Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie,

haar hele lewe lank.

13Sy maak wol en vlas bymekaar

en geniet dit om dit te verwerk.

14Sy is soos die handelskepe,

sy bring die kos van ver af in.

15Sy staan op as dit nog nag is

en maak kos vir haar huisgesin;

ook haar slavinne kry hulle deel.

16Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit,

sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.

17Sy pak die werk aan met krag,

haar hande staan vir niks verkeerd nie.

18Sy stel vas of die wins goed is,

haar lamp bly heelnag brand.

19Sy werk met die spinwiel,

haar hande bly besig met die weefstoel.

20Sy het 'n oop hand vir die armes,

sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.

21Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:

hulle dra almal warm klere.

22Sy maak self vir haar dekens

en sy dra klere van linne en wol.

23Haar man is welbekend by die stadspoort

waar hy saam met die leiers beraadslaag.

24Sy maak klere en verkoop dit,

sy lewer gordels aan die handelaars.

25Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;

sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

26As sy praat, is dit met wysheid;

as sy leiding gee, is dit met liefde.

27Sy hou goeie toesig oor haar huishouding;

lui is sy nie.

28Haar kinders prys haar,

haar man bewonder haar:

29“Daar is baie knap vrouens,

maar jy oortref hulle almal!”

30Uiterlike skoonheid hou nie,

'n mooi voorkoms is nie alles nie;

as sy die Here dien,

dán verdien 'n vrou om geprys te word.

31Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;

laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

SPREUKE 31:10-31AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Sy erken dat werk ’n voorreg is
  • Sy dien die Here by die werk ten spyte van druk
  • Sy probeer haar tyd reg gebruik
  • Sy is ’n gelowige sakevrou
  • Sy is knap in wat sy doen

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS