Bible Society of South Africa

Ek is Sy – Dag 4

Sy het gevoelens.

Haar emosies is onlosmaaklik deel van haar
vrouwees. Sy beleef die vreugde van die lewe intens. Sy ervaar egter soms ook negatiewe emosies soos hartseer, neerslagtigheid of minderwaardigheid.

En jy ontdek: Ek is sy!

Bybelteks(te)

1En Hanna het gebid:

“Ek jubel in die Here,

ek is sterk in die Here.

Ek lag my vyande uit,

ek is bly oor die uitkoms wat U gegee het.

1 SAMUEL 2:1AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Dan het die ander vrou haar baie gespot en verneder omdat die Here haar kinderloos laat bly het. 7So het dit jaar vir jaar gegaan: elke keer as Hanna in die huis van die Here gaan offer het, het Peninna haar gespot, sodat sy gehuil het en nie wou eet nie.

1 SAMUEL 1:6-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Sy was bitter hartseer en terwyl sy tot die Here gebid het, het sy onbedaarlik gehuil.

1 SAMUEL 1:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

20Hierop het Naomi vir hulle gesê: “Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak. 21My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het 'n ramp oor my gebring.”

13U het my gevorm,

my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.

14Ek wil U loof,

want U het my op 'n wonderbaarlike wyse geskep.

Wat U gedoen het,

vervul my met verwondering.

Dit weet ek seker:

15geen been van my was vir U verborge

toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie,

toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot.

16U het my al gesien toe ek nog ongebore was,

al my lewensdae was in u boek opgeskrywe

nog voordat ek gebore is.

17Hoe wonderlik is u gedagtes vir my, o God,

hoe magtig hulle almal!

PSALMS 139:13-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Sy ervaar emosies intens
  • Sy voel hartseer en neerslagtig
  • Sy voel bitter oor wat met haar gebeur
  • Sy besef sy hoef nie minderwaardig te voel nie

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS