Bible Society of South Africa

Ek is Sy – Dag 3

Sy staan in verhouding met haarself.

Sy leef elke dag met haarself op geestelike en fisiese vlak saam. Sy besef dat God in haar totale menswees belangstel.

En jy ontdek: Ek is sy!

Bybelteks(te)

27God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

GENESIS 1:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Of besef julle nie dat julle liggaam 'n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: 20julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

1 KORINTIËRS 6:19-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

10Op die sewende dag, toe die koning baie vrolik was van die wyn, het hy sewe paleisbeamptes geroep: Mehuman, Bisseta, Garbona, Bigta, Abagta, Setar en Karkas. 11Hy het hulle beveel om koningin Vasti, met haar kroon op, na hom toe te laat kom sodat hy vir al die mense, al die hoë amptenare, kon wys hoe mooi sy is. Sy was 'n baie mooi vrou.

12Koningin Vasti het egter geweier om te kom soos die koning haar deur sy paleisbeamptes beveel het. Toe het die koning baie kwaad geword. Hy was woedend

ESTER 1:10-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en sierlike klere nie. 4Nee, julle skoonheid moet dié van die innerlike mens wees: blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. 5In die ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier: hulle was aan hulle mans onderdanig.

1 PETRUS 3:3-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

34en sy aandag is verdeel. Ook die ongetroude vrou en die jongmeisie gee aandag aan die dinge van die Here, om na liggaam en gees aan Hom toegewy te wees. Maar die getroude vrou gee ook aandag aan die dinge van die wêreld, aan hoe sy haar man kan behaag.

1 KORINTIËRS 7:34AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Net so moet jy ook vir die ouer vroue sê hulle gedrag moet dié wees van mense wat 'n heilige lewe lei. Hulle moenie kwaadpraat of aan drank verslaaf wees nie. Hulle moet goeie raad kan gee, 4sodat hulle die jonger vrouens kan leer om liefdevol teenoor hulle mans en kinders te wees, 5verstandig en kuis, goeie huisvrouens, onderdanig aan hulle mans. Dan sal die woord van God nie in diskrediet kom nie.

  • Sy besef sy is as beeld van God geskep
  • Sy pas haar liggaam op
  • Sy respekteer haarself en is nie ’n vertoonstuk nie
  • Sy weet haar innerlike is belangriker as haar voorkoms
  • Sy weet die Here het ’n spesiale doel met haar as enkellopende
  • Sy weet die Here het ’n spesiale doel met haar as ouer vrou

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS