Bible Society of South Africa

Ek is Sy – Dag 2

Sy staan in verhouding met ander mense.

Sy leef nie in isolasie nie. Sy leef tussen en saam met ander mense. Elkeen van die verhoudings waarin sy staan, is uniek en stel spesifieke eise aan haar.

En jy ontdek: Ek is sy!

Bybelteks(te)

Die opwekking van Tabita

36In Joppe was daar 'n gelowige vrou met die naam Tabita, in Grieks Dorkas. Sy was altyd besig om goed te doen en die armes te help.

HANDELINGE 9:36AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Hy het hulle geantwoord: “Het julle nie gelees dat die Skepper hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie? 5Daarby het Hy gesê: ‘Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe en hulle twee sal een wees.’ 6Hulle is dus nie meer twee nie, maar een. Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”

MATTEUS 19:4-6AFR83Maak oop in die Bybelleser
Hy:

15“Jy is mooi, my liefling,

jy is mooi, jou oë is duiwe.”

HOOGLIED 1:15AFR83Maak oop in die Bybelleser

16“Die man wat ek liefhet, is myne, en ek syne.

Hy laat sy skape tussen die lelies wei

17tot die aandwind begin waai

en die skaduwees lank word.

Kom terug, man wat ek liefhet, maak soos 'n ribbok,

soos 'n takboklam op die Beterberge.

1Op my bed in die nag het ek gesoek

na hom wat ek liefhet;

ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.

2Ek het opgestaan

en in die stad rondgegaan op die strate en die pleine,

en hom gesoek wat ek liefhet;

ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.

3Die wagte wat die stad patrolleer,

het my daar gekry.

Ek het gevra:

‘Het julle die man wat ek liefhet, gesien?’

4Skaars was ek by hulle verby

of ek het hom wat ek liefhet, gekry.

Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie,

ek het hom na my ma se huis toe gebring,

na die kamer toe waar ek gebore is.

HOOGLIED 2:16-3:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

15Sy bobene is soos marmerpilare

wat op goue voetstukke rus.

Sy voorkoms is soos dié van die Libanon,

indrukwekkend soos die seders.

16Sy mond smaak soet,

alles aan hom is begeerlik.

So lyk die man wat ek liefhet, so lyk my lewensmaat,

vroue van Jerusalem.”

HOOGLIED 5:15-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

4Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.

HEBREËRS 13:4AFR83Maak oop in die Bybelleser

32Lea het swanger geword en 'n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê.”

GENESIS 29:32AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Die man moet sy huweliksplig teenoor sy vrou nakom, en net so ook die vrou teenoor haar man. 4Die vrou beskik nie oor haar eie liggaam nie, maar die man; net so beskik die man ook nie oor sy eie liggaam nie, maar die vrou. 5Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir 'n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie.

1 KORINTIËRS 7:3-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Seuns is geskenke van die Here,

kinders word deur Hom gegee.

PSALMS 127:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Salomo se raad aan twee prostitute

16Op 'n keer het twee prostitute met 'n saak na die koning toe gekom.

17“U Majesteit,” sê die een vrou, “ek en hierdie vrou woon in dieselfde huis, en sy was by toe ek 'n kind in die wêreld gebring het. 18Drie dae daarna het sy ook 'n kind gekry. Ons was saam in die huis en daar was niemand anders nie; net ons twee was daar. 19Een nag is hierdie vrou se seuntjie dood; sy het hom doodgelê. 20Sy staan toe in die middel van die nag op en vat my seuntjie langs my weg terwyl ek slaap, en lê hom by haar neer, en haar seuntjie wat dood is, lê sy by my neer. 21Toe ek die môre opstaan om die kind te laat drink, toe is hy dood! Maar toe ek hom later in die môre goed bekyk, is dit nie my baba nie.”

22Toe sê die ander vrou: “Nee, die een wat lewe, is myne. Dis jou seuntjie wat dood is!”

En die eerste vrou sê: “Dis jou seuntjie wat dood is! Die een wat lewe, is myne!”

So het hulle voor die koning gestaan en stry.

23Die koning redeneer toe by homself: die een sê: “Die seuntjie wat lewe, is myne, joune is dood,” en die ander sê: “Nee, jou seuntjie is dood; die een wat lewe, is myne.”

24Toe beveel die koning: “Bring vir my 'n swaard!”

Hulle het die swaard gebring, 25en die koning het gesê: “Sny die kind wat lewe in twee stukke en gee vir elkeen van hulle 'n helfte!”

26Maar die ma van die kind wat lewe, begin toe by die koning smeek, want haar hart het inmekaar gekrimp oor die lot van haar baba, en sy sê: “Asseblief, U Majesteit, gee die seuntjie wat lewe vir haar, moet hom tog net nie doodmaak nie.”

Maar die ander vrou sê: “As ek hom nie kry nie, kry jy hom ook nie. Sny hom deur!”

27Toe sê die koning: “Moenie die kind doodmaak nie, maar gee hom vir die een dáár, sý is die ma!”

1 KONINGS 3:16-27AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Die vrou het toe vir haar man gaan sê: “Daar het 'n man van God by my gekom. Hy het gelyk soos 'n engel van God, 'n man met gesag. Ek het hom nie gevra waarvandaan hy kom nie, en hy het my nie gesê wat sy naam is nie. 7Hy het vir my gesê: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun in die wêreld bring. Jy mag voortaan nie wyn of bier drink nie en ook nie enigiets onreins eet nie, want die kind sal van sy geboorte af tot met sy dood aan God gewy wees.”

8Toe het Manoag tot die Here gebid: “Here, laat die man van God vir wie U gestuur het, asseblief weer na ons toe kom dat hy ons kan leer wat ons moet doen met die kind wat gebore sal word.”

RIGTERS 13:6-8AFR83Maak oop in die Bybelleser

8My seun, jy moet luister na die onderrig

wat jou vader jou gee;

moenie wat jou moeder jou leer,

verontagsaam nie:

9dit sal jou lewe versier soos 'n krans jou kop

en 'n kettinkie jou hals.

SPREUKE 1:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die weduwee se olie

1'n Vrou van 'n profeet het haar nood by Elisa kom kla: “My man is dood. U weet self dat hy die Here gedien het. Nou het die skuldeiser gekom om my twee seuns te vat en hulle sy slawe te maak.”

2Elisa het vir haar gesê: “Ek sal jou help. Sê vir my: wat het jy in jou huis?”

Sy het geantwoord: “Ek het niks in die huis nie behalwe 'n erdekannetjie olie.”

3Hy het toe gesê: “Gaan leen nou by al jou bure leë kruike, en sorg dat jy nie te min leen nie. 4Dan gaan jy in jou huis in, maak die deur agter jou en jou seuns toe, en gooi elkeen van hierdie kruike vol olie. Soos elkeen vol word, moet jy hom wegpak.”

5Sy is van hom af weg. Sy het die deur agter haar en haar seuns toegemaak. Soos hulle die kruike na haar toe aangedra het, het sy hulle volgemaak. 6Toe die kruike vol was, sê sy vir een van haar seuns: “Bring vir my nog 'n kruik.”

Maar hy het gesê: “Daar is nie meer 'n kruik oor nie.”

Toe het daar nie 7meer olie uit die kannetjie gekom nie. Sy het by die man van God aangekom en dit vir hom vertel. Hy het gesê: “Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld. Jy en jou seuns kan dan leef van wat oorbly.”

2 KONINGS 4:1-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God; 17waar u sterf, sal ek sterf en daar sal ek begrawe word. Ek lê 'n eed af voor die Here: net die dood sal ons skei.”

10Rut het diep gebuig voor Boas en gevra: “Waarom is u so goed vir my en stel u belang in my, in 'n buitelander?”

11Boas antwoord haar toe: “Ek weet van alles wat jy vir jou skoonma gedoen het na die dood van haar man en dat jy jou ouers en jou geboorteland verlaat het en na 'n volk toe gekom het waarvan jy vantevore niks geweet het nie. 12Mag die Here jou beloon vir wat jy gedoen het. Mag jy 'n welverdiende beloning ontvang van die Here die God van Israel onder wie se vleuels jy kom skuil het.”

8Toe sê Naomi vir haar twee skoondogters: “Julle moet liewer teruggaan na julle ouerhuise toe. Mag die Here sy liefde aan julle bewys, soos julle aan die oorledenes en aan my liefde bewys het. 9Mag die Here vir julle elkeen weer 'n goeie man en 'n heenkome gee.”

Toe sy van hulle wou afskeid neem, het hulle begin huil

Petrus sal Jesus verloën

31“Simon, Simon!” het Jesus gesê. “Luister! Die Satan het daarop aangedring om julle soos koring te sif. 32Maar Ek het vir jou gebid dat jou geloof jou nie begewe nie. As jy weer tot inkeer gekom het, moet jy jou broers versterk.”

LUKAS 22:31-32AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die gelykenis van die verlore muntstuk

8“Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie 'n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? 9En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’

LUKAS 15:8-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

Naäman word genees van melaatsheid

1Naäman, die hoof van die leër van die koning van Aram, was 'n gesiene man wat die agting van die koning geniet het. Deur hom het die Here 'n oorwinning aan Aram besorg. Die man was 'n dapper soldaat, maar hy het melaats geword.

2Op een van hulle strooptogte het die Arameërs 'n jong dogtertjie uit Israel ontvoer wat Naäman se vrou se bediende geword het. 3Sy het vir die vrou gesê: “Ag, as Meneer net by die profeet in Samaria kon uitkom, dan sal hy vir Meneer van sy melaatsheid gesond maak.”

4Naäman het by die koning gekom en hom meegedeel wat die dogtertjie uit Israel gesê het.

5“Gaan gerus,” het die koning van Aram gesê, “ek stuur jou met 'n brief na die koning van Israel toe.”

Hy het vertrek en drie honderd twee en veertig kilogram silwer, ag en sestig kilogram goud en tien stelle klere met hom saamgevat.

2 KONINGS 5:1-5AFR83Maak oop in die Bybelleser

14Hy het toe afgegaan na die Jordaan toe en hom sewe keer daarin gebad, soos die man van God gesê het, en sy vel het gesond geword soos dié van 'n klein seuntjie en hy was weer rein.

15Hy en sy hele gevolg het teruggegaan na die man van God toe. Daar aangekom, het Naäman voor die man van God gaan staan en gesê: “Ek weet nou, daar is geen God op die hele aarde nie behalwe in Israel. Aanvaar asseblief hierdie geskenk van my.”

2 KONINGS 5:14-15AFR83Maak oop in die Bybelleser

20Hierop het Naomi vir hulle gesê: “Moet my asseblief nie meer Naomi noem nie, noem my Mara, want die Almagtige het die lewe vir my baie bitter gemaak. 21My lewe was vol toe ek hier weg is, maar die Here het my leeg laat terugkom. Waarom noem julle my nog Naomi? Die Here het dan teen my gedraai, die Almagtige het 'n ramp oor my gebring.”

27Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

JAKOBUS 1:27AFR83Maak oop in die Bybelleser

33Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. 34Wie kan ons veroordeel? Christus Jesus het gesterf, maar meer as dit: Hy is uit die dood opgewek, Hy sit aan die regterhand van God, Hy pleit vir ons.

35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?

ROMEINE 8:33-35AFR83Maak oop in die Bybelleser

38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

ROMEINE 8:38-39AFR83Maak oop in die Bybelleser

3Die skrifgeleerdes en die Fariseërs bring toe 'n vrou wat op owerspel betrap is, en laat haar in die middel van die kring mense staan. 4Hulle het vir Hom gesê: “Meneer, hierdie vrou is op heter daad betrap waar sy owerspel gepleeg het. 5Moses het ons in die wet beveel om sulke vrouens te stenig, maar u, wat sê u?”

6Dit het hulle gevra om Hom uit te lok, sodat hulle iets kon kry waaroor hulle Hom kon aankla. Maar Jesus het gebuk en met sy vinger op die grond geskrywe. 7Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”

8Daarna het Hy weer gebuk en op die grond geskrywe. 9Toe hulle hoor wat Hy sê, het hulle een vir een begin wegloop, die familiehoofde eerste. Jesus is alleen agtergelaat saam met die vrou daar in die middel van die kring mense. 10Toe het Hy regop gekom en vir haar gevra: “Mevrou, waar is hulle? Het nie een van hulle die oordeel oor jou voltrek nie?”

11“Niemand nie, Here,” sê sy.

Toe sê Jesus: “Ek doen dit ook nie. Gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie.”

JOHANNES 8:3-11AFR83Maak oop in die Bybelleser

  • Sy is goed vir ander mense
  • Sy is ’n vrou vir haar man
  • Sy is ’n ma vir haar kinders
  • Sy is ’n enkelouer
  • Sy is ’n skoondogter
  • Sy is ’n skoonma
  • Sy is ’n vriendin
  • Sy is ’n weduwee
  • Sy is geskei
  • Sy is die ander vrou

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS