Bible Society of South Africa
Carina Francke

Dra vrug – Dag 8

God in ons maak ons bekwaam

Bybelteks(te)

5Uit onsself is ons nie in staat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God,

2 KORINTIËRS 3:5AFR83Maak oop in die Bybelleser

19Toe het Hy Hom verweer en vir hulle gesê: “Dít verseker Ek julle: Die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen maar net wat Hy die Vader sien doen; wat die Vader ook al doen, doen die Seun ook net so.

JOHANNES 5:19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Iemand het eendag gesê dat jy nie iets kan weggee wat jy nie het nie. As jy dus presteer of goeie werk verrig, moenie geaffronteerd voel as mense nie die beuel blaas om jou roem te besing nie, want alles wat jy het, of wat jy doen, of bereik, is geskenke van die Here aan jou (1 Korintiërs 4:7). Jy moet die beuel vir Hom blaas uit dankbaarheid dat jy met sy gawes kon werk en dien.

Paulus het hierdie waarheid verstaan. Hy erken dat hy niks, selfs nie sy geestelike werk, kan doen sonder dat die Here hom bekwaam maak nie. In Johannes 5:19 lees ons dat selfs Jesus dit besef het: die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie”. Paulus se begeerte is daarom om sy werk op so ʼn manier te doen en sy lewe so te leef dat dit God se goedkeuring wegdra. Jou hunkering na erkenning vir jou suksesse en prestasies moet eintlik van die Here af kom en dan moet jy steeds lof aan Hom gee vir sy betrokkenheid in jou lewe.

Die sekulêre wêreld meet ons sukses aan ons vermoë om dinge gedoen te kry. God, aan die ander kant, meet die gelowige se sukses aan die innerlike verandering wat plaasvind. Hierdie verandering het als te doen met ʼn afhanklike en innige verhouding met Hom, asook die werking van die Heilige Gees in jou lewe en word sigbaar in jou nuwe manier van dink, hoe jy dinge aanpak, hoe jy leef en hoe jy met ander mense in verhouding staan.

As dit jou lewensfilosofie is, moet jy verstaan dat enige eerbare werk wat jy doen inderwaarheid geestelike werk is.

“Onmoontlik!” dink jy dalk. Nie as jy leef vanuit ons Skrifgedeelte van vandag nie: “Nie dat ons uit onsself bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie, maar ons bekwaamheid is uit God, wat ons bekwaam gemaak het as dienaars van ʼn nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees …”

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS