Bible Society of South Africa
Carina Francke

Dra vrug – Dag 7

Sterk deur sy genade en krag

Bybelteks(te)

7selfs nie vanweë die verhewenheid van die openbarings nie. Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. 8Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. 9Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 10Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk.

2 KORINTIËRS 12:7-10AFR83Maak oop in die Bybelleser

In hierdie gedeelte is daar drie dinge wat uitstaan waaruit ons kan leer:

Eerstens word Paulus se gebed beantwoord met ʼn “nee”. Hy gaan sit egter nie in sak en as nie, maar besef dat die “doring in die vlees” wat hom teister ʼn flitskaart is: Dit herinner hom daaraan dat die Here by sy lewe betrokke is en dat hy afhanklik van Hom moet bly. Hy moet verstaan dat volharding en ook goddelike openbaringe nie gegee word omdat sy menslike krag en toegewydheid hom daartoe in staat stel nie, maar dat dit die werk van die Here in sy lewe is.

Tweedens sou Paulus deur hierdie “nee” nog ʼn openbaring ontvang: Die oorwinnende genade van God is aan die werk in sy lewe. Die “doring” (probleem) is nie meer sy fokus nie, maar wel die genade wat werksaam is in sy lewe. En dit is ʼn genade wat hom verseker dat hy in die seën en die guns van die Here leef sonder dat hy dit verdien het. Hierdie genadelewe boor ʼn borrelende fontein van blydskap in hom oop, soveel so dat hy hom selfs kan verheug in sy swakhedemishandelinge, node, vervolginge en benoudhede ter wille van Christus.

Derdens besef Paulus dat hy as swak mens die draer van God se krag is omdat die Heilige Gees in hom woning kom maak het. Dit wat hy kán doen, asook die verdra van die swakhede, node en dies meer, is slegs moontlik omdat God se krag in en deur hom werk; hy is immers net ʼn kleipot wat maklik breek. Sy swakheid bring mee dat die volle opwekkende, ontploffende krag (dunamis) van God sigbaar in sy lewe kan werk – en dit is vir hom genoeg rede tot uitbundige vreugde.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS