Bible Society of South Africa
Carina Francke

Dra vrug – Dag 17

Dra vrug – aangename woorde

Bybelteks(te)

6Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.

KOLOSSENSE 4:6AFR83Maak oop in die Bybelleser

18Maar wat by die mond uitkom, kom uit die hart, en dít is die dinge wat die mense onrein maak.

MATTEUS 15:18AFR83Maak oop in die Bybelleser

23Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan,

want dit bepaal jou hele lewe.

SPREUKE 4:23AFR83Maak oop in die Bybelleser

26Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”

GENESIS 1:26AFR83Maak oop in die Bybelleser

21Die tong het mag oor dood en lewe;

dié wat lief is om te praat, sal die gevolg dra.

SPREUKE 18:21AFR83Maak oop in die Bybelleser

6Die tong is ook 'n vuur, 'n wêreld vol ongeregtigheid, die deel van die liggaam wat die hele mens besmet. Dit steek die hele lewe, van die geboorte af tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.

Woorde kan soos lawa uit jou mond vloei en vernietig, of dit kan soos koel fonteinwater lafenis bring. Woorde is seker een van die belangrikste maniere om te verrraai aan wie jy behoort, want “wat by die mond uitkom, kom uit die hart.” (Matteus 15:18) Spreuke 4:23 leer ook vir ons: “Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.”

Waarom word daar in die Bybel soveel klem geplaas op wat ons sê? Miskien lê die antwoord by die Outeur van die woorde: God. Toe Hy woorde gebruik het, het Hy geskep. Alles in die hemel, die see, en op aarde het vorm en lewe gekry. God se woorde voor die skepping van die eerste mense lê reeds hulle aard vas: “Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis …” (Genesis 1:26)

Is dit dan vreemd dat Hy ʼn skrywer inspireer om die volgende woorde neer te pen? “Dood en lewe is in die mag van die tong …” (Spreuke 18:21) Jy kan met dít wat jy sê, lewe of dood spreek. Verstaan mooi, woorde beskik nie oor magiese krag nie, maar het ʼn ongelooflike invloed op die mens se psige – dit besmet die hele liggaam: “Dit steek die hele lewe, van die geboorte tot die dood toe, aan die brand, en self word dit uit die hel aan die brand gesteek.” (Jakobus 3:6)

Is dit dalk waarom Paulus skryf dat ons gesprekke vriendelik moet wees en van goeie smaak moet getuig? Of dat ons die omstandighede van elke gesprek moet “lees” en net opbouende en goeie gesprekke moet voer? (Efesiërs 4:29). Kan dit wees dat bedrieglike en verkeerde gesprekke ons liefde vir die lewe kan steel en ons verhinder om ʼn goeie lewe te geniet? (1 Petrus 3:10).

Waarom hierdie klem op goeie gesprekke en goeie woorde? Ek en jy moet as beelddraers van God, sy koningskap in ons lewens sigbaar maak en ons woorde moet “… genade kan gee aan die wat dit hoor.” (Efesiërs 4:29) Ons is geskep as fonteine wat soet, drinkbare water moet voorsien aan ʼn wêreld wat dors is om waarheid en geregtigheid in aksie te sien.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS