Bible Society of South Africa
Carina Francke

Dra vrug – Dag 15

Dra vrug – staan by mense stil

Bybelteks(te)

42want sy enigste dogter het op sterwe gelê. Sy was omtrent twaalf jaar oud.

Op pad daarheen het die mense om Jesus saamgedrom. 43Onder hulle was 'n vrou wat al twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het. Sy het alles wat sy gehad het aan dokters uitgegee, maar niemand kon haar gesond maak nie. 44Sy het nader gekom en van agter af aan die soom van sy klere geraak, en haar bloedvloeiing het onmiddellik opgehou. Jesus vra toe: 45“Wie het My aangeraak?”

Toe almal ontken dat dit hulle is, sê Petrus: “Here, die mense dring tog rondom U saam en druk teen U.”

LUKAS 8:42-45AFR83Maak oop in die Bybelleser

48Toe sê Hy: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede!”

54Maar Jesus het haar hand gevat en uitgeroep: “Dogtertjie, staan op!”

55Haar lewe het teruggekom, en sy het onmiddellik opgestaan. Toe gee Jesus opdrag dat hulle vir haar iets te ete moet gee.

LUKAS 8:54-55AFR83Maak oop in die Bybelleser

Jesus se lewe het die vrug gedra van die lewe waarvoor Hy bestem was om mens vir mense te word, ongeag hulle stand, geslag of ouderdom. Hierdie vrug van gehoorsaamheid dra egter nog ʼn groter vrug – sy Vader word daardeur vereer.

In praktiese terme verteenwoordig vrug goeie werke – ʼn goeie daad, gedagte, gesindheid en leefwyse wat God verheerlik of vereer. Maar, dit behels meer as ʼn meganiese doen van goeie dade; dit moet aangevuur word deur liefde vir God en liefde vir mense. Daarsonder is goeie werke net liefdadigheid; goeie werke ter wille van goeie werke self, en dit baar selfverering.

Hierin is Jesus ons voorbeeld. Hy het nooit ter wille van ʼn goeie daad by mense stilgestaan nie, maar Hy het die mens agter die mens raakgesien en met liefde ook hulle gees en hulle totale menswees aangeraak. En uiteindelik was sy goeie daad ʼn vrug wat sy Vader verheerlik het.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS