Bible Society of South Africa
Carina Francke

Dra vrug – Dag 14

Dra vrug

Bybelteks(te)

7sê hy vir die tuinier: ‘Kyk, dis nou drie jaar dat ek aan hierdie vyeboom vrugte kom soek, en ek kry niks nie. Kap hom uit! Waarom moet hy langer die grond uitput?’ 8Maar die tuinier antwoord: Meneer, laat hom nog hierdie jaar staan. Ek sal die grond rondom hom omspit en bemes. 9Miskien sal hy dan volgende jaar vrugte dra. Maar so nie, kan u hom uitkap.”

LUKAS 13:7-9AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra.

JOHANNES 15:16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons is besig om te gesels oor hoe ons as gelowiges God se koninkryk op aarde “sigbaar” kan maak. Jesus se voorbeeldvertellings en sy omgang met mense word ons bron van inligting.

Met die lees van die gelykenis van die onvrugbare vyeboom, is dit duidelik dat die eienaar vrug verwag – van die wingerd en die vyeboom – al staan laasgenoemde uit as “anders”, “vreemd” of “raar” tussen die wingerdstokke. Omdat die vyeboom aan presies dieselfde gunstige omstandighede as die wingerd blootgestel is, is daar geen rede waarom dit nie vrug kan dra nie. As jy ʼn burger van sy koninkryk is, verwag hy vrug in jou lewe, want jy is uitgekies en “julle (is) aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou.” (Johannes 15:16)

Al het die eienaar die volste reg om die boom te laat uitkap, pleit die tuinier vir nog ʼn kans. Hy onderneem om ekstra aandag aan die versorging van die vyeboom te gee in die hoop dat dit vrug sal dra. Die realiteit is egter dat dit uitgekap sal word indien dit nie vrug dra nie, want nie net is dit onvrugbaar nie, maar dit put ook die grond uit. As jou lewe so lyk, het ek vir jou goeie nuus: Soos die eienaar van die wingerd met sy derde besoek genadig was, skep God ook geleenthede vir meer genade in ons lewens.

Die Tuinier, Jesus Christus, ken God se genade en vra vir nog ʼn kans om jou vrugdraend te maak. Hy onderneem om self die hardheid in jou lewe om te spit en om jou van die nodige te voorsien om groei aan te help.

Waarom die klem op vrug wat gedra moet word?

Jy word geken aan die vrugte wat jy dra. Goeie vrugte lewer dus getuienis van ʼn heilige, groeiende en toegewyde lewe aan Jesus Christus. Dit is dan, byvoorbeeld, wat in jou hart aangaan en dan in woorde by jou mond uitkom, ʼn kenbare vrug vir almal wat dit hoor (Lukas 6:44-45). Is jou woorde van so ʼn aard dat sy koninkryk sigbaar word vir omstanders?

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS