Bible Society of South Africa
Carina Francke

Dra vrug – Dag 13

Ek verander deur goddelike krag

Bybelteks(te)

Die lewende hoop en die egte geloof

3Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop

1 PETRUS 1:3AFR83Maak oop in die Bybelleser

Die verlossing reeds deur die profete aangekondig

10In verband met hierdie saligheid het die profete, wat die genade verkondig het wat vir julle bestem is, deeglik en noukeurig ondersoek ingestel.

1 PETRUS 1:10AFR83Maak oop in die Bybelleser

5En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. 6Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.

1 PETRUS 1:5-7AFR83Maak oop in die Bybelleser

16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

2 TIMOTEUS 3:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

“Daarom, broers, moet julle julle des te meer daarvoor beywer om deur julle lewe te bewys dat God julle geroep en verkies het. As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie.” (2 Petrus 1:10)

Omdat ons vir God ken, weet ons alreeds dat ons werklik kan lewe en nie net ʼn bestaanslewe hoef te voer nie. Ons het deel gekry aan sy goddelike aard en natuur en kan dus godvrugtig lewe, Hom dien deur die manier waarop ons leef, asook ontkom aan die verrotting van die wêreld. Ons moet egter verstaan dat dit sy krag is wat ons verander, maar om die verandering te lééf, is en bly ons verantwoordelikheid. Ons moet dus uitwerk en soek hoe om die verandering neerslag te laat kry in ons lewens, want slegs dan kan ons lewens Hom vereer en bewys lewer dat Hy ons geroep en verkies het en dat ons aan Hom behoort.

Waar soek ons dan? In “die hele Skrif (wat) deur God ingegee (is).” (2 Timoteus 3:16-17)

Petrus maak dit vir ons baie maklik met die agt opeenvolgende boustene wat hy uitlê: Verryk jou geloof “met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.” (2 Petrus 1:5-7)

ʼn Veranderde lewe begin by jou geloof in Jesus Christus en dit word sigbaar in deugsaamheid. Augustinus het gemeen dat ʼn goeie leefstyl “die kind van geloof” is. Jy moet egter kennis hê om te weet hoe ʼn goeie leefstyl volgens God se standaarde lyk, en dit vind ons in die Bybel. As jy God ken, word selfdissipline of selfbeheersing moontlik en kan jy doen wat jy geleer het. Maar een keer se doen is nie genoeg nie, jy moet daarmee volhard. Volharding vra ʼn lewe van godsvrug, ʼn lewe wat naby aan God gelei word, want dit is sy Gees wat in ons werk en ons daartoe in staat stel (Filippense 2:13). Hierdie nabyheid aan God vind uiting in liefde vir ander gelowiges en uiteindelik in liefde vir alle mense. Maar as jy nog nie geleer het om met medegelowiges om te gaan en hulle lief te hê nie, hoe sal jy Jesus se liefde aan mense betoon wat nie deel van Hom is nie?

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS