Bible Society of South Africa
Xanthe Hancox

Diensbaarheid, nederigheid en die vrug van die Gees – Dag 3

Toegerus om te dien

Bybelteks(te)

EKSODUS 4

10Toe sê Moses vir die Here: “Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.”

11Daarna sê die Here vir hom: “Wie het aan die mens 'n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie? 12Gaan nou, Ek sal jou help met die praat en jou leer wat jy moet sê.”

EKSODUS 4:10-12AFR83Maak oop in die Bybelleser

2 TIMOTEUS 3

16Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en 'n regte lewenswyse te kweek, 17sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

2 TIMOTEUS 3:16-17AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ons Christene sê dikwels dat ons werklik begeer om die Here te dien – totdat ons tot aksie geroep word. Dan doen ons presies wat Moses gedoen het deur allerhande verskonings te maak soos “ek is nie gemaklik daarmee nie” of “dit is nie werklik my vakgebied nie” of “maar iemand anders is baie meer gekwalifiseerd as ek!” Klink dit bekend?

God roep nie diegene wat toegerus is nie, maar Hy rus diegene toe wat Hy roep vir die taak.

Hy rus ons toe met gawes en talente om Hom te dien en dikwels op ʼn onverwagse manier. God kon op ʼn wonderbaarlike manier vir Moses in staat stel om te praat, maar Hy het nie. Die Here het Aäron vir Moses gegee om namens hom te praat.

Hoe rus die Here ons toe om Hom te dien? Ons kry die antwoord in 2 Timoteus 3:16-17: “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ʼn regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” Indien jy toegerus wil wees vir enigiets wat die Here van jou vra, moet jy die Bybel bestudeer. God se formule is eenvoudig: Bestudeer die Woord om die vaardighede en instrumente te bekom wat nodig is om Hom te dien. So, as ons voel dat ons nie oor die nodige vaardighede beskik om God te dien nie, is dit omdat ons nie genoeg tyd bestee om sy Woord te bestudeer en toe te pas nie.

Bible Society of South Africav.4.23.0
VOLG ONS