Bible Society of South Africa
Leon van Jaarsveld

Dag 5 – Die skild van die geloof

Die vierde deel van ons wapenrusting is die skild van die geloof.

Bybelteks(te)

EFESIËRS 6

14Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, 15en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. 16Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.

EFESIËRS 6:14-16AFR83Maak oop in die Bybelleser

Kyk na hierdie dagstukkie op Youtube (Opsioneel).

Die vierde deel van ons wapenrusting is die skild van die geloof. Soldate het hulle skilde met hulle linkerhand vasgehou en met die swaard in die regterhand geveg. Met die skild aan die linkerarm is aanvalle, veral brandpyle wat op jou afgevuur is afgekeer.

Die Satan is besig om sy pyle wat se punte met vuur brand, onophoudelik op ons af te skiet. As dit jou tref kan dit erge graad se brandwonde veroorsaak. En hierdie brandpyle van die bose kan enige iets wees.

Swaarkry en teëspoed is soos brandpyle wat ’n mens in God kan laat twyfel. Moet ek nie dalk maar my eie uitkomsplanne maak nie. Satan kan vriende op jou pad bring wat ’n valse evangelie aanhang, jy kan dan begin twyfel of dit werklik waar is wat jy van jongs af geleer het? Jy ontmoet mense wat heeltemal nie glo nie. Hulle is baie ordentlik en aangenaam.

Wat is dan nou so verkeerd met hulle lewe? Die moderne wetenskap is ’n brandpyl wat jou geloof ignoreer. Is jou geloof werklik relevant in wetenskaplike vraagstukke? Dalk begin jy om aan die Bybel te twyfel. Is die Bybel waar? Is dit werklik die Woord van God?

Of jy kan selfs in God begin twyfel. Bestaan Hy werklik? Is Hy werklik in beheer van alles? Dit gaan van kwaad tot erger en die pyle van die Bose tref die teiken.

Satan kan ook pyle van skinder en valse nuus afskiet. Hy wil mens teen mens aanhits. Ons kry elke dag met die brandpyle van oneerlikheid, misleiding en verleiding te doen.

Maar Hoe kan jy daardie vurige pyle afweer? Net met die geloof as jou skild. Om te glo wat God in sy woord sê

Deur eenvoudig te sê: God het dit gesê – Hy die Almagtige God is Skepper van hemel en aarde en is baie groter as enige skepsel. Ja, soms verstaan ek nie sy wee nie, maar ek kan dan kinderlik my vertrou in God plaas. Deur eenvoudig in geloof aan te gaan met die werk waartoe God jou roep. Die geloof keer nie net die brandpyle van die Bose nie. Die geloof doof die pyle ook uit. Sodat jy ongedeerd bly. Gereed vir diens as soldaat van Christus.

Bible Society of South Africav.4.26.9
VOLG ONS