Bible Society of South Africa

Seënbede – Dag 362

Bybelteks(te)

Julle moet mekaar liefhê

9“Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet in my liefde bly. 10As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die opdragte van my Vader uitvoer en in sy liefde bly.

11“Dit sê Ek vir julle sodat my blydskap in julle kan wees en julle blydskap volkome kan wees. 12Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. 13Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. 14Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel.

JOHANNES 15:9-14AFR83Maak oop in die Bybelleser

Lesings aan die einde van die jaar wat die laaste woorde bevat wat Jesus onmiddellik voor en na sy dood en opstanding met sy dissipels gespreek het.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS