Bible Society of South Africa

Seënbede – Dag 361

Bybelteks(te)

Die Heilige Gees sal by julle bly

15“As julle My liefhet, sal julle my opdragte uitvoer. 16Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees, 17naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

18“Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. 19Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.

JOHANNES 14:15-19AFR83Maak oop in die Bybelleser

Lesings aan die einde van die jaar wat die laaste woorde bevat wat Jesus onmiddellik voor en na sy dood en opstanding met sy dissipels gespreek het.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS