Bible Society of South Africa

Seënbede – Dag 363

Bybelteks(te)

18Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. 19Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.”

MATTEUS 28:18-20AFR83Maak oop in die Bybelleser

Lesings aan die einde van die jaar wat die laaste woorde bevat wat Jesus onmiddellik voor en na sy dood en opstanding met sy dissipels gespreek het.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS