Bible Society of South Africa

‘n Boodskap aan vriende – Dag 295

Bybelteks(te)

Waarheid en liefde

4Ek was baie bly toe ek van jou kinders teëgekom het wat in ooreenstemming met die waarheid lewe, volgens die gebod wat ons van die Vader ontvang het. 5En nou het ek 'n versoek, geagte vrou. Dit is nie iets nuuts wat ek vir julle voorskrywe nie, maar 'n gebod wat ons van die begin af gehad het: Ons moet mekaar liefhê. 6En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in die liefde moet lewe.

2 JOHANNES 1:4-6AFR83Maak oop in die Bybelleser

Ses dae waarin ons pragtige briewe van Johannes, die dissipel van Jesus, gelees het, om geloof aan te moedig.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS