Bible Society of South Africa

Targumim

Targumim (meervoud van Targum) is Aramese vertalings van die Hebreeuse boeke van die Ou Testament.

Ou Aramese vertalings

Die oudste Targumim is uit die tweede eeu n.C. Dit was bedoel vir die Arameessprekende Jode in Israel en Mesopotamië. Bekende voorbeelde sluit in:

  • Targum Onkelos: ʼn Aramese vertaling van die vyf boeke van die Tora;
  • Targum Jonatan: die Aramese vertaling van die boeke van die profete.

Voorlopers van die Targumim is in Qumran gevind, ʼn aantal fragmente van ʼn Aramese vertaling van Levitikus en Job.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS