Bible Society of South Africa

Tekskritiek van die Nuwe Testament: Geskiedenis

Erasmus se uitgawe

Erasmus (1469-1536) was een van die eerstes om die Griekse teks van die Nuwe Testament na te vors en die eerste om die Griekse Nuwe Testament te publiseer. Hy het die Griekse teks gebruik om ʼn nuwe weergawe van die Nuwe Testament in Latyn saam te stel wat beter sou wees as die Vulgaat

Nog manuskripte

Erasmus het slegs ʼn klein aantal laat manuskripte tot sy beskikking gehad wat grootliks uit die tiende en elfde eeue n.C. dateer. In die eeue na Erasmus het al hoe meer Nuwe Testamentiese manuskripte vir geleerdes beskikbaar geword. Veral in die 19de eeu is ʼn groot aantal vroeë manuskripte opgespoor.

Codex Sinaiticus

Die Duitse geleerde Tischendorf (1815-1873) het ʼn belangrike rol gespeel in die ontwikkeling van die tekskritiek van die Nuwe Testament. In 1859 het hy die sogenaamde

Codex Sinaiticus in die Sint Katarina-klooster op die berg Sinai ontdek. Destyds was dit die oudste volledige teks van die Bybel in Grieks. Die Codex Sinaiticus dateer uit die vierde eeu n.C. Nuwe ontdekkings in die twintigste eeu

In die 20ste eeu is baie papirusfragmente van die Griekse Nuwe Testament ontdek, waarvan die oudste uit die tweede eeu n.C. dateer.

Daar is tans geen antieke boek waarvan soveel manuskripte beskikbaar is as van die Nuwe Testament nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS