Bible Society of South Africa

Tekskritiek van die Ou Testament: Jeremia as voorbeeld

In Qumran is ses manuskripte van Jeremia ontdek. Twee van hierdie manuskripte (4QJerb en 4QJerd) wyk af van die standaardteks. Hierdie weergawes van Jeremia is korter. Daar is egter ook verse wat in ʼn ander volgorde voorkom.


Interessant genoeg kom hierdie twee manuskripte ooreen met die boek Jeremia soos wat dit in die Septuaginta, die Griekse vertaling van die Ou Testament, voorkom.

Ander weergawe as die Masoretiese teks

Die Griekse vertaling van Jeremia wyk aansienlik af van die Hebreeuse standaardteks. Geleerdes het hulle vir ʼn lang tyd afgevra hoe hierdie verskille kon ontstaan het. Die ontdekking van die Dooie See-rolle het uiteindelik lig hierop gewerp: die mense wat die Bybel in Grieks vertaal het, het ʼn ander weergawe van die Hebreeuse teks as die Masoretiese teks gehad, een wat baie nader was aan die twee manuskripte wat in Qumran gevind is. Ongelukkig help hierdie vondste nie om te bepaal watter weergawe van Jeremia die oudste is nie. Soos voorheen genoem, is beide weergawes in Qumran gevind.



 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS