Bible Society of South Africa

Tekskritiek van die Ou Testament: Ontwikkeling

Verskille tussen manuskripte

Toe tekskritiek as ʼn dissipline begin het, het navorsing hoofsaaklik gefokus op die verskille tussen Hebreeuse manuskripte en vertalings. Wanneer daar teenstrydighede was tussen twee manuskripte, of tussen manuskripte en vertalings, is navorsing gedoen om te bepaal watter variant waarskynlik die oorspronklike een is. Sodoende het geleerdes probeer uitvind watter variante later ontwikkel het.

Problematiese woorde en uitdrukkings

In die tweede helfte van die 19de eeu het die fokus uitgebrei na probleme in die Hebreeuse teks waarvoor daar geen variante was nie. Vanuit die konteks het dit voorgekom asof sekere woorde of frases nie oorspronklik kon wees nie. Byvoorbeeld:

  • moeilike en onverstaanbare woorde; 
  • ongewone sinskonstruksies;
  • styl en metrum;
  • woorde en frases wat vanuit die konteks beskou moet word as latere toevoegings. 

Daar het egter baie besprekings plaasgevind oor die voorgestelde veranderinge. Daar was baie wysigings waaroor geleerdes nie kon saamstem nie. Nie alle geleerdes het so ʼn kritiese ingesteldheid teenoor die Masoretiese teks gehad nie, en daar was altyd diegene wat meer terughoudend was om die Hebreeuse teks te wysig.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS