Bible Society of South Africa

Kodeks

ʼn Kodeks is ʼn boek wat uit velle perkament bestaan. Dit het bladsye gehad en was daarom redelik verskillend van ʼn boekrol.


Die voordele van ʼn kodeks was:

  • ʼn kodeks kon baie meer teks as ʼn boekrol bevat;
  • in ʼn kodeks was dit baie makliker om ʼn gegewe teksgedeelte op te soek, aangesien ʼn mens die bladsye kon omblaai.

Die eerste kodekse dateer uit ongeveer die eerste eeu n.C.

Die heilige boeke as kodeks

In die Joodse tradisie is die Hebreeuse boeke van die Ou Testament tot in die Middeleeue op boekrolle geskryf. Die Christendom het op ʼn later stadium oorbeweeg na die gebruik van die kodeks. Die oudste manuskripte van die tekste van die Ou Testament is steeds papirusvelle, maar sedert die vierde eeu was dit hoofsaaklik die kodeks wat in gebruik was. Groot kodekse bevat die teks van die hele Bybel – die Ou en die Nuwe Testamente.


Op ʼn sekere stadium in die Middeleeue is die Hebreeuse teks van die Ou Testament ook op kodekse geskryf. Een van die Middeleeuse kodekse met die Hebreeuse teks van die Ou Testament is die Codex Leningradensis.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS