Bible Society of South Africa

Granaat

Die granaat is die vrug van ʼn struikagtige boom wat ongeveer ses meter hoog kan word. Die ronde vrug is skarlakenrooi van kleur en stervormig wanneer dit oopgesny word. Dit bevat baie sade.

Granaat as ʼn simbool

Die granaat is ʼn simbool van skoonheid en vrugbaarheid. In Hooglied 4:3 (1933/1953-vertaling) vergelyk die man die vrou se slape met die helftes van ʼn granaat.

Granaat as versiering

Die soom van die hoëpriester se mantel is versier met ʼn granaatmotief (Eksodus 28:33-34).

Die granaat kan ook op die dekoratiewe kapitele in Salomo se tempel (sien 1 Konings 7:18) gevind word.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS