Bible Society of South Africa

Romeinse leër

In Nuwe Testamentiese tye het die Israeliete nie meer hulle eie weermag gehad nie aangesien die Romeine in beheer was. Die Romeinse weermag was presies georganiseer en in verskillende eenhede opgedeel.

Legioen

Die grootste eenheid in die weermag was ʼn legioen. ʼn Legioen het uit ongeveer 5 000 soldate bestaan. In die tyd van die Nuwe Testament is vier Romeinse legioene in die provinsie Sirië, waarvan Judea ʼn deel uitgemaak het, gestasioneer.


In die Nuwe Testament word die woord “legioen” gebruik vir ʼn groot (ongespesifiseerde) aantal, soos in Matteus 26:53. Die besetene in die gebied van Gerasa is ook “Legio” genoem, omdat baie bose geeste in hom gewoon het (Lukas 8:30).

Kohort

ʼn Legioen het uit tien kohorte bestaan, elk met ongeveer 500 soldate. Die bevelvoerder van ʼn kohort is ʼn tribuun genoem.


Handelinge 21 – 24 stel ʼn tribuun, genaamd Claudius Lisias, bekend. Hy laat Paulus gevange neem op die tempelplein in Jerusalem en sluit hom in die fort toe.

Centurio

ʼn Kohort is opgedeel in ses centuria’s, wat elk uit 100 soldate bestaan het. ʼn Centuria was onder die bevel van ʼn centurio. Centurio was die hoogste rang wat gewone mans kon bereik. 


Vyf centurio’s word in die Nuwe Testament vermeld, waarvan drie volgelinge van Jesus was (sien Matteus 8:5-13; Markus 15:39; Handelinge 10:1-23).

Garnisoen

ʼn Garnisoen was ʼn wisselende aantal soldate wat op ʼn spesifieke plek gestasioneer was, byvoorbeeld om dit te bewaak.


Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS