Bible Society of South Africa

Salwing

Salwing behels dat olie oor iemand se kop of voete uitgegiet word, of dele van die liggaam met olie ingevryf word. Olie word in die Bybel gebruik om die liggaam te was, as parfuum vir mans en vroue, maar ook met ʼn godsdienstige of liturgiese betekenis.

Salwing as wyse van reiniging

In antieke tye was dit deel van die daaglikse versorging van die liggaam om jou met olie in te smeer. Dit is wat byvoorbeeld in 2 Samuel 12:20 plaasvind. Toe Dawid van die grond af opstaan na die dood van sy kind, smeer hy hom met olie.


In die bergrede vertel Jesus vir sy dissipels dat hulle hul gesigte moet was en hul koppe met olie moet salf wanneer hulle vas (Matteus 6:17, 1933/1953-vertaling).

Salwing as gasvryheid

Salwing kan ʼn teken van gasvryheid wees. Dit was waarskynlik ʼn Joodse gebruik om gaste se hande en voete met olie in te vryf.

Salwing as toewyding

Salwing in die Ou Testament is ook ʼn manier om iets of iemand toe te wy. Mense of dinge wat gesalf is, word afgesonder vir diens aan God of om aan sy teenwoordigheid herinner te word. Jakob giet olie oor ʼn klip in Bet-El nadat hy sy droom gehad het oor die leer waarlangs engele op- en afklim (Genesis 28:18).


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.12
VOLG ONS