Bible Society of South Africa

Vrymoedigheid

Die woorde “vrymoedig” en “vrymoedigheid” kom dikwels in die Nuwe Testament voor. Hierdie terme dui op ʼn ingesteldheid van openheid wat voortspruit uit ʼn gevoel van vryheid en ʼn gebrek aan vrees. Hierdie vrye manier om die lewe in die gesig te staar is meestal gebaseer op ʼn sterk vertroue in God.

Verskeie betekenisse

“Vrymoedigheid” is die algemene vertaling van die Griekse woord parresia. Ander woorde wat die betekenis van die Griekse woord uitdruk, is “openlik”, “in die openbaar”, “reguit”, “duidelik” en “vrye toegang”.


Die Afrikaans 1983-vertaling vertaal hierdie woord op verskillende maniere. Behalwe die vertaling “vrymoedig” (sien Handelinge 4:13), word die woord ook weergegee as “in die openbaar” (Johannes 7:26), “reguit” (Johannes 10:24), “openlik/in die openbaar” (Johannes 7:13; Johannes 11:54), “vrymoedigheid” (Efesiërs 3:12) en “geloofsvertroue” (Hebreërs 10:35).

Verskeie situasies

Die term “vertroue” (parresia) kan verband hou met verskeie situasies. In die Nuwe Testament is daar vier soorte situasies waarin die term gebruik word:

  • om dit te waag om iets reguit te sê (sien Johannes 10:24);
  • om in die openbaar te verskyn (sien Johannes 18:20);
  • om moed en selfvertroue te hê in die teenwoordigheid van belangrike mense (sien Handelinge 4:13);
  • om ʼn ingesteldheid van vryheid en vertroue in God te hê (sien Hebreërs 10:35).

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS