Bible Society of South Africa

Vertroue

In die Bybel is “vertroue” een van die belangrikste kenmerke van geloof; om te glo is om jou vertroue in God te plaas. Vertroue en geloof is dus baie na aan mekaar. Die Ou en Nuwe Testament gebruik dieselfde woord vir “vertroue” as vir “geloof”.

  • In die Ou Testament het vertroue oor die algemeen te make met die keuse tussen steun soek by onbetroubare mense of dinge, en om God alleen te vertrou. 
  • In die Nuwe Testament het vertroue dikwels te make met die oproep om op God se goedheid en sy beloftes te vertrou. In Paulus se briewe kry die woord “vertroue” toenemend die betekenis: glo in God en in Jesus Christus.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS