Bible Society of South Africa

Trou in die Ou Testament

“Trou” in die Ou Testament verwys na ʼn persoon se betroubaarheid en lojaliteit. Dit is ʼn eienskap wat kenmerkend is van God se aard en hoe Hy teenoor mense optree. Mense moet ook daarna strewe om getrou te wees teenoor mekaar en teenoor God.

Woorde vir “trou”

Daar is ʼn aantal verskillende Hebreeuse woorde wat dikwels vertaal word met “trou”. Die twee belangrikste woorde vir trou is afgelei van die Hebreeuse werkwoord aman wat beteken “om vas/betroubaar te wees”.


Die twee selfstandige naamwoorde wat daaruit afgelei is,

emet

en

emuna

, beteken “vastigheid” en “betroubaarheid”. Maar van daar af het hierdie woorde ook ander betekenisse gerkry:

emet

kan ook “trou” en “waarheid” beteken, en

emuna

kan ook “trou” en “opregtheid” beteken.

Verbondstrou

Benewens die woorde emet en emuna is daar ʼn derde belangrike woord in die Hebreeuse Bybel wat “trou” beteken, naamlik gesed. Hierdie woord word veral gebruik om die trou en liefde aan te dui wat God aan sy volk bewys deur die verbond wat Hy met hulle aangegaan het. In die Hebreeuse Bybel kom gesed dikwels saam met die woorde emet en emuna voor. 

Trou aan ander

Die Ou Testament gebruik die woord

emet

vir dinge of mense wat betroubaar is en waarop ʼn mens kan vertrou. Byvoorbeeld, ʼn betroubare of ware woord (Spreuke 12:19), of ʼn betroubare oordeel wat reg laat geskied aan die waarheid (Sagaria 7:9).



Met betrekking tot mense, verwys

emet

na iets wat hulle en hulle optrede definieer:

Innerlike trou

Waar

emet

hoofsaaklik verband hou met die manier waarop mense met mekaar oor die weg moet kom, beklemtoon

emuna

hulle innerlike ingesteldheid en die optrede wat daaruit voortspruit. Hierdie innerlike ingesteldheid kan integriteit, betroubaarheid en opregtheid genoem word.


Die gedrag wat hieruit voortvloei, kan beskryf word as optrede wat konsensieus en in goeie trou is. Hierdie optrede is kenmerkend van diegene wat regverdig is. Sien Habakkuk 2:4: “Wie nie reg gesind is nie, sal sy verdiende loon kry, maar wie reg doen, sal lewe omdat hy getrou bly.”


 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS