Bible Society of South Africa

Trou in die Nuwe Testament

“Betroubaarheid”of “getrouheid” in die Nuwe Testament is ʼn waarde waarna mense in hulle verhoudings met ander behoort te strewe. Betroubaarheid word ook vermeld as ʼn belangrike kenmerk van God en Christus. Uiteindelik word gelowiges aangemoedig om getrou aan hulle geloof te bly, selfs te midde van terugslae.

Woorde vir “betroubaarheid”

Die Griekse woord in die Nuwe Testament vir “betroubaarheid” is soms

pistis

. Naas “betroubaarheid” beteken hierdie woord ook “geloof” en “vertroue”. Van al die betekenisse is “betroubaarheid” minder algemeen.

Trou en betroubaarheid in verhoudings tussen mense

Volgens die Nuwe Testament behoort mense in hulle omgang met mekaar betroubaar en eerlik te wees. Hulle moet getrou aan die waarheid en aan mekaar wees. Matteus 24:45-47 praat positief oor die betroubare dienskneg wat na sy eienaar se besittings omsien terwyl hy weg is.



2 Timoteus 2:2 praat van “betroubare manne wat bekwaam sal wees om dit ook aan ander te leer”.

Die getrouheid van God en Christus

Net soos in die Ou Testament beskryf “getrouheid”in die Nuwe Testament ook ʼn belangrike eienskap van God: sy getrouheid beteken dat mense Hom onvoorwaardelik kan vertrou (sien 1 Korintiërs 10:13). God betoon voortdurend sy getrouheid, selfs wanneer mense ontrou is (Romeine 3:3).



Christus word ook in die Nuwe Testament “getrou” genoem (Hebreërs 3:2). Ook Hy bly getrou ten spyte van die ontrou van sy volk (2 Timoteus 2:13): “as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie.”

Om getrou te bly aan die geloof

Die woord

pistis

verwys gereeld na getrouheid aan die geloof in Jesus Christus. Die woord “getrouheid” in hierdie soort gedeeltes is dikwels verwant aan begrippe soos vasberadenheid en volharding. ʼn Voorbeeld is 1 Tessalonisense 1:3 wat lui: “(Sonder ophou) bring ons dan voor God ons Vader in herinnering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus.”



In gedeeltes soos hierdie kan dit moeilik wees om vas te stel of die woord

pistis

vertaal moet word as “geloof” of “getrou” (sien Hebreërs 6:12; Openbaring 17:14). In hierdie twee verse het die woord beide betekenisse en kan ten beste in Hebreërs 6:12 as “geloof” en in Openbaring 17:14 as “getrou” vertaal word.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS