Bible Society of South Africa

Saligspreking

Die nege seëninge waarmee die bergrede begin, word dikwels “saligsprekinge” genoem. Saligsprekinge word nie net in die bergrede aangetref nie. Dit kom ook in die Ou Testament voor.

Saligsprekinge in die Ou Testament

“Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie” (Psalm 1:1) is ʼn voorbeeld van ʼn Ou Testamentiese saligspreking. In ʼn saligspreking word iemand vreugde en geluk toegewens. Hierdie geluk kan vir die hede of die toekoms wees. In Daniël 12:12 gaan dit oor toekomstige geluk (lyding in hierdie tyd is niks in vergelyking met die geluk wat dit in die toekoms gaan oplewer nie). In die meeste saligsprekinge vloei huidige en toekomstige geluk egter ineen.

Uitdrukking van geloof en ʼn opdrag

ʼn Saligspreking kan ʼn oortuiging wees dat God die beste vir sy volk wil hê. Saligsprekinge word dikwels binne die konteks van God se verbond met Israel gebruik. Saligsprekinge het ook ʼn etiese aspek. ʼn Bepaalde lewenswyse word vereis. As ʼn mens daarby hou, sal jy gelukkig wees.

Belofte van God se nuwe wêreld

In vroeë Joodse tekste en in die Nuwe Testament word saligsprekinge ook in apokaliptiese sin gebruik. Indien gelowiges lyding ter wille van die geloof geduldig verdra, sal God hulle ryklik beloon in sy nuwe wêreld.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.19.0
VOLG ONS