Bible Society of South Africa

Geloof

“Geloof” beteken om iemand te vertrou of iets as waar te aanvaar. In die Bybel verwys geloof hoofsaaklik na die verhouding tussen God en die mens. Belangrike kenmerke van hierdie geloof is mense se bewussyn dat daar ʼn God is, en hulle vertroue dat God hulle nie sal verlaat nie:

  • In die Ou Testament beteken geloof gewoonlik vertroue op God, maar geloof vereis ook van mense om aan God gehoorsaam te wees.
  • In die Nuwe Testament is geloof ʼn term wat Christene gebruik om oor hulle oortuiging te praat. Die “gelowiges” is die mense wat glo in God en in die verlossing wat Hy deur sy Seun, Jesus Christus, gebring het.
  • Vir die eerste Christene het geloof beteken om die evangelie van Jesus Christus te aanvaar, jou sondes te bely en nie meer afgode te aanbid nie.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS