Bible Society of South Africa

Ekklesia: Verdeeldheid

Die lidmate van die gemeente van die vroeë kerk het naby aan mekaar gevoel. Hulle het mekaar gesien as lede van een liggaam en mekaar as “broer” en “suster” aangespreek. Terselfdertyd was daar ook geskille, byvoorbeeld oor:

  • die status van verskillende leermeesters;
  • finansiële sake;
  • die posisie van nie-Jode in die kerk.

Die posisie van nie-Jode in die kerk

Die grootste bron van konflik in die Nuwe Testament handel oor die aanvaarding van nie-Jode in die oorspronklike Joodse gemeentes. Daar was heftige besprekings oor die onderwerp:

  • Behoort ʼn gemeente wat saamgestel is uit Jode en nie-Jode te voldoen aan al die Joodse voedselwette gedurende die gemeenskaplike maaltyd? 
  • Mag nie-Joodse lidmate van die gemeente voortgaan om deel te neem aan die heidense offermaaltye? Sulke maaltye was op daardie stadium ʼn fokuspunt vir sosiale lewe. 

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS