Hiskia
Hiskia was vanaf ongeveer 725 tot 697 v.C. koning oor die suidelike ryk van Juda. Sy opstand teen die Assiriese onderdrukkers lei tot die verwoesting van groot dele van die land. Tog sien die Bybelskrywers Hiskia as ʼn goeie koning omdat hy toegesien het dat afgode nie langer aanbid is nie.
Die naam Hiskia
Die naam Hiskia of Jehiskia beteken “my krag is die Here”. Hiskia was die seun van koning Agas. Hy was 25 jaar oud toe hy koning geword het, en het 29 jaar in Jerusalem regeer.
Verwante Bybelgedeeltes
2 KONINGS 18 2 KRONIEKE 29 JESAJA 36 JEREMIA 26.18 - JEREMIA 26.19 HOSEA 1.1 MIGA 1.1 15.22 48.17 - 48.22 49.4Lees verder?
Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy: