Bible Society of South Africa

Eva

Eva is die vrou wat saam met Adam die eerste mensepaar in die Bybel vorm. As die moeder van alles wat lewe, word sy die naam Eva gegee. Eva en Adam is saam die ouers van Kain, Abel en Set.

Die naam Eva

Die Hebreeuse naam

Eva

beteken “lewe”. Aan die begin het Eva nie ʼn naam nie. Sy is uit die ribbebeen van die man, Adam, gevorm en word vrou genoem (Genesis 2:23).


Adam en sy vrou eet van die vrugte van die boom wat God hulle verbied het om te eet. Daarom vervloek God die slang, die vrou en die man. As straf sal die vrou met pyn kinders in die wêreld bring. Hierna noem Adam sy vrou Eva, omdat sy die moeder is van al die mense (Genesis 3:20).

Verlei deur die slang

God sê aan Adam dat hy en sy vrou die vrugte van enige boom in die tuin van Eden, die paradys, mag eet, behalwe van die een in die middel van die tuin. Ten spyte hiervan oortuig die slang vir Eva om vrugte van dié boom te pluk (Genesis 3:1-5).


Eva eet van die vrugte en gee ook daarvan aan Adam. Van daardie oomblik af ken hulle die verskil tussen goed en kwaad en kom hulle agter dat hulle kaal is. Daarom probeer hulle vir God wegkruip, maar Hy vind hulle nogtans. Hy vervloek die slang, die vrou en die man. God wil Adam en Eva verhoed om die vrugte van die boom van die lewe in die tuin te eet, en daarom stuur Hy hulle weg uit die tuin van Eden.

Moeder

Nadat hulle uit die tuin van Eden verdryf is, word Eva by Adam swanger en bring ʼn seun in die wêreld, wat hulle Kain noem. Later het hulle nog ʼn seun wat hulle Abel noem.


Maar Kain maak sy jonger broer Abel dood. Adam en Eva het daarna nog ʼn seun wat hulle Set noem (Genesis 4:25). Vir Eva is dit die seun wat God aan haar in Abel se plek gegee het.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS