Bible Society of South Africa

Dan

Dan is die oudste seun van Jakob en Bilha, en die broer van Naftali. Hy is een van die stamvaders van die volk Israel. Sy moeder is Bilha, maar hy word beskou as Ragel se seun. Dan speel nie ʼn spesifieke rol in die verhale oor Jakob se kinders nie.

Die naam Dan

Die naam Dan kom van die Hebreeuse woord vir “regspreek” of “reg doen”.


Toe dit blyk dat Ragel nie kinders kan kry nie, gee sy haar slavin Bilha aan Jakob as ʼn byvrou, sodat hy deur haar kinders kan kry. Bilha kry twee seuns by Jakob, Dan en Naftali.


By Dan se geboorte sê Ragel: “God het in my guns uitspraak gelewer, Hy het my gebed verhoor en vir my ʼn seun gegee” (Genesis 30:6). Daarom gee sy hom die naam “Dan”.

Die stam van Dan

Die naam Dan kan verwys na die stam van Dan, waarvan Dan die voorvader is. Maar dit is ook die aanduiding van die gebied waarin die afstammelinge van Dan gaan woon het. Daardie gebied was in die suide van Israel aan die kus. Volgens Rigters 18 het die stam van Dan later in die noorde van Israel gaan woon en die stad Dan gestig.

Jakob se seën

As een van die 12 seuns van Jakob, ontvang Dan ʼn seën van Jakob wanneer Jakob al oud is (Genesis 49:16-17). Jakob sê aan Dan dat sy nakomelinge reg sal doen, soos sy naam aandui, maar dat hulle ook soos ʼn slang sal wees wat die hakskene van die perd sal pik, sodat die ruiter sal afval.

Lees verder?

Met ʼn gratis BibleSA-rekening kan jy:

  • Ander vertalings in alle amptelike tale lees.
  • Na die Bybel luister (11 vertalings is reeds beskikbaar).
  • Verskillende Bybelvertalings vergelyk.
  • Jou ervaring verspersoonlik deur jou eie notas en gemerkte tekste in te sluit. Jy kan ook jou notas en gemerkte tekste afsonderlik besigtig.
  • Toegang kry tot meer as 1 100+ onderwerpe en agtergrondartikels in Engels en Afrikaans asook 52 volkleurkaarte.

Bible Society of South Africav.4.18.14
VOLG ONS